
Kawasaki ZX10R Masters
—Superpole: Sven Grüne #66, Graeme Van Breda #1, Kyle Robinson #18, Sanjiv Singh #12, Pieter De Vos #17, Jaco Gous #43, Gareth Bezuidenhout #22, Teddy Brooke #93, André Van Vollenstee #82.
—Zwartkops Raceway.

Sven Grüne #66
—Sven het ‘n uitdrukking van ‘n gelukkige kat wat warm melk gekry het op sy gesig. Onder sy mondering, dra hy nog steeds ‘n greintjie van kommer. Dis nie maklik om bo te wees nie. Sy Kawasaki ZX10R, is dalk meer gereed as hy ...

Sven Grüne #66
—Vanaf die eerste ren, kon jy duidelik sien, dié man, het talent en deursettingsvermoë.

Graeme Van Breda #41
—(Dit is een ding om haan van die hok te wees; ‘n ander om jou titel te verdedig.) In die verte hoor ek twee kappokhaantjies kraai: Graeme en Kyle, is reg vir 2017.
Red Square Kawasaki ZX10R Masters: ek is #1
HOOFSTUK TIEN: Dis vier uur Vrydag oggend. Ek's al vroeg wakker. Opgewonde. In die verte hoor ek hoe fluit die Piet-my-Vrou. Baie glo dan kom die groot reën. Ek sien uit na die naweek se Extreme Festival. Dit is die laaste rondte van die jaar. Dan die doodse stilte.
Ses-uur is ek by Zwartkops. Die renbaan is stil. Die son sukkel nog om uit te kom. Wolke hang los-en-vas onder die vaal-blou lig.
Ek voel lus om te gaan stap. Om die bloed bietjie te karring. Ek begin by die rooiligte. Vir die wat nog steeds nie weet nie, dit is waar almal wegspring. Die ligte kom aan; die ligte gaan af. Dan vlieg almal met ‘n krag weg. In draai een in. Dan is die pragtige dreuning goed aan die gang ...
Wel, ek besluit om net daar te begin, en teen ‘n pas vinniger as ‘n slak, durf ek Zwartkops aan. So met die teer langs, neem ek foto’s met my slimfoon vir "Facebook". Miskien is daar van my lesers, of selfs van die ryers, wat graag sal wil sien hoe lyk die renbaan in slakkepas. Dit vat my net mooi 32 minute om die baan te voltooi. So in die verbystap, loop ek vir Johan Le Roux #44, Appanna "Ashik" Ganapathy #77, Teddy Brooke #93 en Peter Clark #64 raak. Ons groet mekaar net vinnig. Ek glo hulle hou die weer dop ...
Later maak ek ‘n draai by hulle kuipe. Clark is nie eintlik beïndruk met my tyd om die renbaan nie. 'Ons moes ‘n twee-komma-vier in 12 minute hardloop in die weermag', sê hy. Om eerlik wees, daai een het ek gemis.
Die baan lyk eintlik fantasties. Dit het redelike greep. Dit behoort geen probleem vir 'n Bridgestone Battlax R10 motorfietsband te wees nie.
Draai vyf en ses kort so bietjie aandag. Die baanoppervlakte is effens geput. Moet sê, André Van Vollenstee, het dit vinnig opgetel. En hy’t nie eers om die baan gestap nie. Met die spoed waarteen die Meesters deur die draaie vlieg, is dit amper onmoontlik om sulke klein "detail" waar te neem.
Twee-en-twintig Meesters het ingeskryf vir die opwindende naweek. Die weer mag dalk ‘n groot rol speel. Almal hou duime vas vir die beste: baie son.
Ons verwelkom ook twee nuwe gesigte tot die Red Square familie: Mark Bester #99, Gareth Bezuidenhout. Bester se Kawasaki ZX10R, is mooi opgemaak. Die rooi wit en geel vloei van begin tot einde. Bezuidenhout se Kawasaki (2016 model) supermotorfiets, het ietwat van ‘n geskiedenis. Dit het voorheen behoort aan Rodney McLachlan. Twee-en-veertig is nou vervang met 'n duidelike 22. Onder die nuwe vel, is daar nog hier en daar "Count Air" tatoes wat uitsteek. Glo dié twee nuwe gesigte, gaan ernstige kompetisie wees vir die res van die klub. Vandag is hulle eerste kennismaking met die "Red Army".
Le Roux, Wayne Spicer #90, Clark, Stuart Russell #83, André Van Vollenstee #82, deel ‘n kuip. Sven Grüne, Bester en Bezuidenhout, deel ‘n ander. Graeme Van Breda #1, ons huidige Nasionale Kampioen, en Ian Harwood #24 kamp saam. Jaco Gous #43, is soort van op sy eie. Brooke en Kyle Robinson #18, deel ‘n spasie. Die Brooke Refrigeration supermotorfiets vang ‘n bietjie oggend son om warm te word. Ironies is dit nie?
Van die Meester, haal groot geld uit om hulle Red Square Drinks (hoofborg) geborgde supermotorfietse mooi te versier. ‘n Mooi ding, ry altyd beter.
Ek het ‘n koue Red Square (Reload) tussen my bene. Deur my karvenster, sien ek hoe die swaar reën wolke begin saampak. Ek waai vir die twee "Friday Slackers" oppad uit. Hulle sit al van ses op die suid-bank. Hulle is nie van hier nie. Die Chrysler se nommerplaat lees: CEM 18447. Hulle waai terug. Zwartkops word al hoe kleiner in my spieeltjies. En netso, toe is Vrydag verby. More doen ons dit weer. Harder en vinniger ...
—Saterdag: Mark en Tracey Weitz, ry met die Red Square (Drinks) livrei bakkie en sleepwa by die hekke in. Vandag word die koelbokse weer goed gelaai met lekker yskoue drankies vir die manne. En omdat jy nie die naweek by Zwartkops gedraai het nie, moet jy maar jou eie gaan kry by Tops!. Hulle dra die hele reeks. Ek sal weet, want ek koop meeste van die keer my drankies daar. Die rooi en blou kleure, is natuurlik my gunstelinge.
Vanoggend is die kuipe baie meer bedrywig as gister. Meeste van die "Red Army" is besig met een of ander taak op ‘n hulle supermotorfietse. Glo dit wat hulle doen, gaan hulle dalk ‘n bietjie vinniger maak. Almal wil #1 wees. Net een gaan vandag wegstap met dié gesogte titel. Meeste jaag al jare vir die klub, ek kon nog net in die skaduwee van dié titel staan.
Sven het ‘n uitdrukking van ‘n gelukkige kat wat warm melk gekry het op sy gesig. Onder sy mondering, dra hy nog steeds ‘n greintjie van kommer. Dis nie maklik om bo te wees nie. Sy Kawasaki ZX10R, is dalk meer gereed as hy ...
"Superpole" is 10h30. Die eerste ren: 11h15; die tweede, amper drie-uur. Hierdie is een ding, wat die manne goed die josie in maak: die lang wag tussen renne. Jy sou dink, as jy hulle ouderdom bereik het, sal jy rustiger wees. Maar nee. Almal sien uit na vinnge twee rondtes na mekaar. En dan, ‘n paar vinnige koues, en dan huiswaarts. Hmmm.
Ek staan en wag geduldig dat die Meester moet aantree vir die "Superpole". Sven is eerste, gevolg deur Graeme, Kyle ...
Ek stap en teen ‘n hase-pas om almal se valhelm skote in te kry, voor hulle wegtrek. Gaan kyk gerus. Die foto albums is onderaan die voet van die artikel.
Daar is niks mooier as 'n Kawasaki ZX10R op spoed, om Zwartkops nie. Al nege ryers gee hulle beste. Dit wat jy nou insit, gaan ‘n beter plek op die wegspringrooster beteken. En op Zwartkops, is dit juis wat jy wil he: ‘n goeie wegspringplek. Draai een kan baie beknop en stamperig raak, voor jy ‘n paar sekondes later draai twee ingaan. Hierna draai die manne ‘n Kawasaki se oor, dat hoedervleis oor jou hele lyf opspring. Vinnig deur drie, vier. Hard op die remme in vyf. Haastig deur ses, sewe, agt. Met die spoed van lig verby die kuipe ...
Russ Page #46, stap stadige die kuipe binne. Sy bolyf, is gestut. Voor en agter. Hy laat dink my aan "Robocop". Natuurlik lyk hy spanne beter na Kyalami. As julle goed kon onthou: hy’t plaas gekoop in draai 14. Half man, half masjien, groet hy almal met ‘n vriendelike hand.
Meeste van die Meesters is besig om gereed te maak vir hulle eerste ren. In die hitte van die dag, probeer hulle een word met hulle renpakke. Die uitdrukkings op hulle gesigte raak meer ernstig. Die groot oomblik, is amper hier ...
Sven sit gepronk op sy #66 Kawasaki ZX10R supermotorfiets. Vroulief staan eenkant. ‘Gaan staan langs jou man’, sê ek. Hulle poseer vir twee mooi foto’s. Sy lyk so in haar skik met hom. Hierdie is sy eerste jaar by die klub. Vanaf die eerste ren, kon jy duidelik sien, dié man, het talent en deursettingsvermoë.
Tyd vir ren een het aangebreek. Alhoewel dit die laaste renne van die jaar is, gaan die manne dalk nie so hard ry nie. Die jaareindfunksie lê nog voor. Niemand wil kruppel daar opdaag nie.
Tien rondtes in dié hitte is nie maklik nie. Hier en daar is ‘n wolk in die lug. Nie genoeg om die hitte van die son te keer nie.
En toe klap die skoot. Die dreuning ruk die aarde. Almal vlieg met mening deur draai een. Ek sit in vyf en wag. Nog voor ek my sit kon kry, toe is hulle op my. Sven is voor. Hy kan nie slap lê nie. Dan Graeme, Kyle ... En net so, is alles verby. Sven het die eerste plek gevat met gemak.
Ren twee, het amper dieselfde afgespeel. Die keer, net met 'n baie stadiger ritme. Die ren-seisoen is verby. Wat meer wil jy gee? Die dreuning van 22 Kawasaki's, het in die donker harde teerblad van Zwartkops verdwyn. Die stilte is hier.
Sven glimlag, sy vrou die meeste. Met sy Red Square keppie, wys hy vir almal hoe dit gedoen moet word. Hy is #1. 'Baie geluk, jy verdien die nommer-een-plaat.'
(Dit is een ding om haan van die hok te wees; ‘n ander om jou titel te verdedig. In die verte hoor ek twee kappokhaantjies kraai. Graeme en Kyle, is reg vir 2017.)
Die einde van die pad het vir my aangebreek. Vandag het ek my laaste yskoue Red Square Reload gedrink. Ek wil dankie sê aan almal wat die afgelope jaar so wonderlik gemaak het. Moet my nie te veel mis nie. [Glimlag]
Ek wens almal ‘n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar toe. Reis veilig, en geniet die rustigheid en stilte. Wat gaan André Van Vollenstee doen met sy al sy spaar tyd? Net hy sal weet.
Ek speel uit met "Weapon of Choice", deur Fat Boy Slim. —Reënmaker! •

Sven Grüne #1
—Ek is #1.

Johan "JLR" Le Roux
—Ou haan onder die henne.

Mark Bester #99
—Welkom!

Gareth Bezuidenhout #22
—Welkom!

Wayne Spicer #90
—Red Square Kawasaki ZX10R Master.
Extreme Festival, Zwartkops Raceway, Red Square Kawasaki ZX10R Masters, South African Motorsport, 2016/10/23.